“Ons doel is om ‘n passie vir die Kunste te kweek op ‘n gemaklike platform”
Drama
Redenaars
Public Speaking
Dance
Sang
Creative Writing
Skryfkuns
Kuns
Vivarte Kunstefees

Rëels

  1. Deelnemers sal die tydsbeperkings moet respekteer volgens aangehegte skedule.
  2. Deelnemers moet ten minste 10min voor hul optree tyd by die venue wees.
  3. Optredes moet plaasvind in gepaste drama klere of skoolklere.
  4. Waar daar in groepe oor grade heen deelgeneem word, moet hoogste graad op inskrywingsvorm verskyn, want hul tree dan op in die hoogste graad.
  5. Geen gelde is terugbetaalbaar indien deelnemer nie meer kan deelneem nie.
  6. Indien die deelnemer se optree tyd bots met ‘n ander aktiwiteit, moet die nodige reelings met die bestuur voor die tyd gereel word. Vergunning sal slegs gegee word vir geldige redes en dit bly die bestuur se keuse of ‘n ander datum toegestaan sal word.
  7. Indien die deelnemer nie op die gegewe dag optree nie en op ‘n ander datum hul item doen, kom hulle nie in aanmerking vir enige wenner afdelings nie.
  8. Elke deelnemer ontvang ‘n sertifikaat.
  9. In elke afdeling en in elke ouderdomsgroep, word ‘n itemwenner aangekondig. Die wenner ontvang ‘n medalje (mits die prestasie bo 85% is)
  10. Die afdelingswenner in elke ouderdomsgroep ontvang ‘n prestige toekenning.
  11. In elke ouderdomsgroep word die VICTOR ARTIUM aangewys. Hierdie toekenning is ‘n trofee wat die wenner kan hou. Hier word die totale punte behaal in elke afdeling bymekaar getel. Die volgende vereistes geld:
  12. Daar moet aan ten minste 5 afdelings deelgeneem word, klem val op veelsydigheid
  13. ‘n X-Faktor-toekenning word ook gemaak aan die persoon wat ‘n uitsonderlike item gelewer het. Dit sluit ‘n kontantprys in.
  14. Met voldoende punte kan leerlinge ‘n kultuurbalkie ontvang by hul skool.
  15. Alle items mag nie langer as 2 minute wees nie, behalwe Redenaars en Public speaking.
  16. Wees asseblief voorbereid en betyds.

AFDELINGS

  • Afrikaans Drama
  • English Drama
  • Redenaars
  • Public Speaking
  • Dans
  • Sang
  • Creative writing
  • Skryfkuns
  • Kuns

ITEMS WAARVOOR INGESKRYF KAN WORD:

AFRIKAANS DRAMA (Genre/styl):

VOORGESKREWE POËSIE

Deelnemers moet hulself inleef ten opsigte van emosie en gesigspel. Die gedig moet as persoonlike belewenis aangebied word.    Voorkom geforseerde onnatuurlike bewegings / gebare.      Natuurlike lyftaal is aanvaarbaar tot en met graad 6, maar nie by ouer deelnemers nie.

Maak gebruik van pouses, frasering, tempowisseling en variasie in toonhoogte om die aanbieding interessant te maak.

Sien voorgeskrewe gedigte.

EIE KEUSE POËSIE

Dis eie keuse Poësie. ‘n Ouderdomstoeplaslike gedig moet aangebied word. Dieselfde reels vir aanbieding geld as by voorgeskrewe poësie.

GEDRAMATISEERDE POËSIE

Die geskrewe woord word verlewendig deur gemotiveerde gebare en bewegings.

MONOLOOG

Gedeelte uit ‘n toneelstuk, eenbedryf of verwerkte prosastuk kan gebruik word. Dit is ‘n alleenspraak en die uitvoerder is deurgaans dieselfde karakter. Hier is dus geen beskrywende gedeeltes nie. Monoloë word in kostuum gedoen.

MIMIEK – VOORBEREID

Mimiekaanbiedings behoort (soos ‘n kort drama) ‘n tema met ‘n karakter te bevat wat konflik beleef. Die konflik kan komies of tragies wees ‘n Dramatiese voorstelling deur gebare. Geen dialoog mag gebruik word nie. Mag nie dieselfde stuk in Engelse afdeling herhaal nie. Mimiek is nie net toneelspel sonder woorde nie, maar om die ruimte kreatief uit te beeld deur die hele liggaam te gebruik om die onsienbare te herskep en die kyker in te trek in die kunstenaar se  verbeeldingswêreld.

MIMIEK – ONVOORBEREID

Deelnemer kry onderwerp 5 minute voor optrede

SAMESPRAAK

‘n Gedramatiseerde voorstelling (komies of dramaties) deur twee persone. ‘n Gedeelte van ‘n toneelstuk of ‘n verwerking van ‘n stukkie prosa kan gebruik word. Hier is geen beskrywende gedeeltes nie.

IMPROVISASIE

Geïmproviseerde spel en dialoog. ‘n Onderwerp met ‘n kort beskrywing sal 5 minute voor die aanvang van die wedstryd voorsien word.

ONVOORBEREIDE LEES

Hierdie item handel nie slegs oor leesvlotheid nie, maar oor die onvoorbereide vertolking van ‘n leesstuk deur emosie, spraak en gesigspel. Leesstuk word deur die beoordelaar voorsien.

VOORBEREIDE LEES

Hierdie item handel nie slegs oor leesvlotheid nie, maar oor die voorbereide vertolking van ‘n leesstuk deur emosie, spraak en gesigspel. Leesstuk word by die huis voorberei en deur deelnemer saam gebring.

PROSA

‘n Gedeelte word voorgedra uit ‘n erkende boek. Geen bewegings word toegelaat nie.

GEDRAMATISEERDE PROSA

Die geskrewe woord word verlewendig deur gemotiveerde gebare en bewegings.

BYBELPROSA

Voordrag uit enige erkende vertaling van die Bybel.Geen beweging word toegelaat nie. Skep ‘n gewyde atmosfeer.

LIMERIEK

Limeriek is ‘n spotvers van slegs 5 lyne. Die eerste, tweede en vyfde lyn rym, en die derde en vierde lyn moet rym.
Geen rekwisiete of kostuums nie

VOORBEREIDE REDENAARS:

  • Onderwerp: Deelnemers kan eie onderwerpe kies, maar moet sorg dat dit ‘n relevante onderwerp is waarin die spreker sy/haar standpunte baie duidelik motiveer.
  • Inleiding: Moet gepas, treffend en oorspronklik wees.
  • Inhoud: Logiese uiteensetting en beredenering van standpunte wat ondersteun word deur nodige bronverwysings, statistiek, navorsing, ens.
  • Aanbieding: Moet natuurlik, lewendig en oortuigend wees. Tree met selfvertroue op. Hanteer notas op so ‘n wyse dat oogkontak met gehoor nie in die slag bly nie.
  • Taalgebruik: Moet suiwer, skeppend en kreatief wees.
  • Slot: Gepaste, kernagtige samevatting.
  • Let baie noukeurig op die tydsbeperking.
  • Wees deeglik voorbereid!

ONVOORBEREIDE REDENAARS:

  • Elke deelnemer sal DRIE (3) minute toegelaat word om vir sy/haar onvoorbereide toespraak voor te berei, waarna dit aan die beoordelaar voorgedra moet word.
  • Die doel van die onvoorbereide toespraak is om die deelnemer se vermoë te toets om in ‘n beperkte tyd steeds ‘n sinvolle, logiese en goed beredeneerde toespraak te lewer.

SANG (Styl/Genrés)

  • GOSPEL/INSPIRATIONAL
  • COUNTRY/FOLK
  • BALLAD/CONTEMPORARY
  • POP/ROCK
  • LIGTE MUSIEK/LIGHT MUSIC
  • JAZZ
  • TRADITIONAL/WORLD
  • MUSICAL/BROADWAY
  • CLASSICAL/OPERA
  • INSTRUMENTEEL

SANG

ALGEMENE REëLS:

  • Tydsbeperking van 2 minute by items mag nie oorskry word nie.
  • Klanktoerusting, asook mikrofone sal beskikbaar wees.
  • Oorhandig die CD/USB aan die klankman by die aanvang van die kategorie. Die CD/USB moet behoorlik gemerk wees met die deelnemer se besonderhede en die snit wat gesing gaan word.
  • Dit is die deelnemer se verantwoordelikheid om die bladmusiek en die CD/USB weer af te haal na optrede.
  • KORE
  • ʼn Bepaalde werk mag nie in meer as een afdeling aangebied word nie.
  • Werke van kontrasterende style moet aangebied word.
  • Transponering is toelaatbaar.
  • Maak deurgaans van eie keuse gebruik maar maak seker die standaard pas by die ouderdomsgroep.
  • ʼn Afskrif van die koorwerke moet voor die optrede aan die beoordelaar oorhandig word.
  • Begeleiding deur middel van klavier of enige ander musiekinstrument, asook klankbane is toelaatbaar.                                                  
    1. KOORPROGRAM (5 tot 10 minute)

    Bestaan uit:

    (1) Gewyde lied

    (2) Ligte lied

    (3) Enige lied in ‘n ANDER taal

    • Een van die drie liedere moet a capella gesing word.
    • Maak gebruik van minstens twee verskillende tale.                                                                                                                                                                                                                                                                                                             
  • Keuses is die volgende:

    (1) Eenstemmige lied

    (2) Tweestemmige lied

    (3) Meerstemmige lied (3 stemme of meer)

    (4) Afrika werk

    (5) Klassieke kontemporêr

    (6) Ligte kontemporêr

    (7) Gewyde lied

    (8) Volkslied

DANS(Genre/Styl):

MODERNE DANS / MODERN DANCE GROUP

Moderne dans is ‘n lewendige en opwindende dansvorm wat verskillende tegnieke gebruik soos strek, kontraksies, draaie, isolasies, spronge en vloer werk. Die danser gebruik kombinasies wat op verskillende musiekritmes gestel is om hulself uit te druk deur beweging.

BALLET

‘n artistieke dansvorm uitgevoer na musiek, met behulp van presiese en hoogs geformaliseerde stel stappe en gebare. Klassieke ballet, word gekenmerk deur ligte, grasieuse bewegings en die gebruik van punteskoene met versterkte tone.

HIP-HOP

Hip-Hop is ‘n jong en lewendige vorm van straatdans wat ontwikkel het met rap, pop en hip-hop musiek genres. Hierdie funky dans-kuns laat alle ouderdomme eksperimenteer met die kombinasie van die nuutste mode, musiek, beweeg en houding. Sommige van die style van Hip-Hop wat ons gebruik, is Krumping, lock and pop and break-dance.

FREESTYLE  

Is wanneer jy spontaan bewegings met jou liggaam maak. Dit beteken dat jy nie choreografie volg nie; net beweeg. … Freestyle is ‘n vaardigheid wat deur ywer en praktyk gekweek kan word.

KARAKTER

Is ‘n geselekteerde lening van volksdansbewegings en -style om afleidings vir storieballette te verskaf. Dit is ‘n spesialisasie wat geleer word as deel van die klassieke balletkurrikulum. Saam met hul streng opleiding in balletakademieë word dansers opgelei om sogenaamde karakter danse uit te voer wat gestereotipeerde gebare en style gebruik wat gekies is om die idee van ‘n bepaalde nasionaliteit, beroep of persoon uit te beeld.

DISCO

Disco is ‘n energieke dans wat gekenmerk word deur sterk bewegings en vinnige impulse van die liggaam. Die tegniek is om hoog op die balle van die voete te dans regdeur die roetine.

LATIN AMERICAN

Latynse dans is ‘n vinnige dans. Dit sluit in danse soos Cha-Cha, Rumba, Samba, Paso Doble en Jive.

TAP

Klopdans is ‘n opwindende vorm van dans, waar dansers spesiale skoene met metaal aan die sole dra. Klopdansers gebruik hul voete soos dromme om ritmiese patrone te maak.

LIRIESE DANS / LYRICAL DANCE

‘N Roetine waar dansers die lirieke of bui (bedoeling) van ‘n lied (met of sonder woorde) interpreteer hierdie vorm sluit die gebruik van voetwerk, balans en gesig en liggaamse emosie in.

CONTEMPORARY

Kontemporêre dans fokus op die vryheid van beweging met geen beperkings nie. Dit is ‘n eksperimentele dansvorm wat afkomstig is van ‘n klassieke styl. ‘n Kombinasie van tegnieke wat wissel van ballet en modern word dikwels gebruik. Dit verken dans van ons tyd met futuristiese elemente wat dinamiese en sterk bewegings, vrylating, gebuigde voete, hoekige lyne en ongewone bewegings van die liggaam kan insluit. Dit kan ook gekombineer word met ‘n sterk storielyn.

DANS

ALGEMENE REëLS:

  • Tydsbeperking van 2 minute by items mag nie oorskry word nie.
  • Klank sal beskikbaar wees.
  • Oorhandig die CD/USB aan die klankman by die aanvang van die kategorie. Die CD/USB moet behoorlik gemerk wees met die deelnemer se besonderhede waarop die deelnemer gaan dans.  
  • Dit is die deelnemer se verantwoordelikheid om die CD/USB weer af te haal na optrede.

KREATIEWE SKRYFWERK/CREATIVE WRITING

(VOORBEREID & ONVOORBEREID)

Voorbereide items word by die huis geskryf of ‘n stuk wat by die skool geskryf was kan ook ingedien word.

Onvoorbereide items word by die venue geskryf op gegewe datum.

Papier sal voorsien word maar die deelnemers moet hulle eie penne en woordeboeke saambring.

Onderwerpe word op die dag uitgereik. M.a.w. dit is ʼn onvoorbereide item.

Deelnemers kan vir die volgende items inskryf:

  • Voorbereide Opstel
  • Onvoorbereide Opstel
  • Voorbereide Gedig
  • Onvoorbereide Gedig
  • Prepared Essay
  • Unprepared Essay
  • Prepared Poem
  • Unprepared Poem

KUNS(Genre/Styl)

  • POTLOODSKETS
  • AKRIEL EN OLIE VERF
  • WATERVERF
  • LAPVERF
  • PASTELLE
  • KRALEWERK
  • KOLLAGE
  • MULTI-MEDIA
  • SCRAPBOOKING(2BL)
  • MOSAIEK
  • HOUTSKOOL
  • BEELDHOU/3D WERK
  • HOUTWERK
  • SKOOLKUNS
  • TEKEN MET KRYT
  • FOTOGRAFIE
  • KREATIEWE STUK

KUNS

ALGEMENE REëLS:

  • Daar is geen temas vir die kuns nie, deelnemers moet asb hulle eie inisiatief gebruik.
  • Kuns kan in enige grote en op enige medium geteken / geskilder word.  
  • Kuns word op eie risiko ingehandig alhoewel ons, ons beste sal doen om mooi na dit om te sien.  
  • Moet duidelik VOOR OP KUNSSTUK gemerk word met die volgende:   Naam, Van, Graad, Skool, Medium gebruik.
 
LAG MET ‘N SLAG / STAND UP COMEDY:
• 1-2 minute / 1-2 minutes
• Toelaatbaar: Rekwisiete(props); bewegings; baie humor (laat ons lag vir ‘n slag) /  Allowed: Props; movements; humor in overdrive (Come tickle our funny bones!)
• Geen: Haatspraak; vloek; rassisme; Godsdienstige laster / No: Hate Speech; racism; Religious slander
 
GEBED / PRAYER:
• Geen bewegings / No movements
• Opregte optrede met deernis / Sincere performance with compassion